
WESSEL
&
MADELYN

​Ons Ontmoeting...


11 Februarie 2014 het Madelyn se ma, Rina, oor die telefoon met haar bankier (Jan) gepraat. Terwyl sy met hom gesels het sy God se stem gehoor. Sy het God gehoorsaam, en net daar vir Jan gevra of hy nie dalk iemand ken wat sy aan haar dogter, Madelyn, kan voorstel nie...
Die bestelling was ingesit, iemand enkel lopend, tussen 34 en 40 jarige ouderdom, met goeie Christelike beginsels.
Rina het fotos van Madelyn vir Jan ge-epos, wat dit deur 'n paar kanale na Wessel gestuur het.
Boodskappe was heen en weer gestuur tussen Wessel en Madelyn, en die vlam het begin brand. Hulle het besluit om mekaar sommer daardie selfde dag te ontmoet vir 'n koffie...
Tribeca was die koffieplek van hul keuse. Met die eerste inloop slag was daar 'n aantrekkings krag tussen hulle. Madelyn het van haar taak baie goed kwyt geraak om die geselskap oor te neem, en uit pure senuwees het Wessel amper glad nie 'n woord uitgekry nie.
Koffie het aandete geword, en na aandete het hulle nog heerlik gekuier tot laataand. Die koeel was so te se deur die kerk met die ontmoeting, Madelyn en Wessel het geweet dat dit God se plan was dat hulle moet ontmoet. Die wag vir 'n lewensmaat was verby.
Hulle het geweet dat God hulle vir mekaar gemaak het.

Describe your image here

Describe your image here


Describe your image here






