top of page

VERLOWING!

8 Augustus 2014

 

Net so kort van 6 maande nadat Wessel en Madelyn mekaar ontmoet het, en smoor verlief geraak het op mekaar, het Wessel vir Madelyn 'n naweek weg gevat na Emperor's Palace. Hulle het 'n 5 ster hotel ingeboek...D'oreale Grande.

 

Die asemrowende plek het vol verrassings gekom...Wessel het hulle in 'n baie luukse kamer ingeboek, op hulle eie privaat vloer. Op hierdie vloer was 'n privaat geselskapsaal (lounge), waar die tweetjies kon eet, drink en net saam kuier. Die kamer was opgemaak met gestrooide roosblase op die vloer en bed, sjokolade op die kussings, en in die sitkamer gedeelte het verkoelde champaigne op hul gewag. 'n Bos rose as geskenk vir Madelyn (van Wessel) het op die tafel gepronk.

 

Na 'n vol dag van koffie, kuier en rondloop in die dobbelterein, het hulle gaan regmaak vir aandete by Aurelia's Restaurant. Die ete was 'n watertand voorgereg, hoofgereg en nagereg. Na ete het Wessel die groot stap geneem om vir Madelyn te vra of sy hom die eer sal doen om met hom te sal trou en sy vrou te wees. Met die oopmaak van die ringboksie was Madelyn geskok om te sien die boksie is sowaar leeg, syt begin bekommerd raak oor waar die ring kan wees, toe gee Wessel haar 'n roos, en om die roos se steel pronk die ring!  Wessel het ook verklaar dat hulle nie net perongeluk ontmoet het nie, maar dat hy in sy hart glo dat God hulle ontmoeting so beplan het.

 

Madelyn het  JA  gese!!!

 

© 2015 by Wessel & Madelyn. Proudly created with Wix.com


 
All of Me - John Legend
00:00
bottom of page